LIGvoets

Belydenis van ‘n sentimentalis
Ek wens daar was iets soos ’n AA vergadering vir die sentimentaliste onder ons. “Groep, ek is Alita, ek is 48 jaar oud en ek is ’n volslae sentimentalis. Ek sukkel om van die bagasie wat ek vir 48 jaar saamsleep, ontslae te raak. Ek probeer hard, maar hoe gooi jy ’n verjaarsdagkaartjie weg wat ’n oumagrootjie, in haar bewende 89-jarige handskrif vir jou geskryf het? Hoe laat val jy die foto van die heel eerste blomme wat ’n man ooit vir jou gestuur het, nogals blou gespuite angeliere  , in die asblik? Maar ek probeer. Die probleem is net soms voel ek ek gooi ’n stukkie van myself weg elke keer wanneer ek iets moet laat gaan. Liewe groep, is daar hulp vir my?”

Nouja, sulke sessies bestaan gelukkig, of is dit nou ongelukkig, glad nie. Die mense wat my oor die jare goed leer ken het, sal weet dat my trane altyd vlak sit. Ek sukkel om totsiens te sê, afskeid te neem, mense te laat gaan. So was dit vir my geweldig swaar om in die jaar wat verby is eers vir my skoolvriendin Karin, wat besonder na aan my is, en toe later my sus en haar gesin, totsiens te sê. Gelukkig het hulle almal, net tydelik verhuis.

Maar moenie my glo dis net mense nie. Ek huil nou nog oor ’n geliefde hond wat nou al vyf jaar dood is, maar wie se voetstappe ek soms, in ’n oomblik van weerloosheid, presies onthou. Ek kan die kyk in sy oë, met helderheid, oproep.

Binnekort kom ek weer voor ’n uitdaging te staan, wel dis nou ’n uitdaging vir enige sentimentalis. Ander sien dit as ‘n kans om van gemors ontslae te raak. Ek pak op nadat ek meer as vyf jaar in my huis in Meyerton gebly het. Daar wag ’n opwindende nuwe lewe in ’n huis in Pretoria, saam met die man vir wie ek baie lief is, op my. Dis net dat ek so sukkel om die dinge aan hierdie kant bymekaar te maak, en ander te laat gaan.

Iewers in die tuin, onder die doringbome wat ek self geplant het, lê ou Millie begrawe. My gekolde worshond, wat ek sommer ou Kolletjieskop genoem het. Hoekom sy daardie wintersoggend vroeg ’n gat onderdeur die muur gegrawe het, dit terwyl haar werpsel babahondjies in die koue vir haar gewag het, sal net sy weet. Ek het haar die volgende oggend daar langs die pad gaan optel. Daar was nêrens bloed aan haar lyf nie. Dit het net gelyk of sy slaap. Millie moet hier agterbly, sy kan nie saam nie. Boonop het ek net Sondagoggend gehoor een van haar gekolde nageslag, ongelukkig nie ’n volbloed wors nie, maar besonder mooi met sy een ligte blou ogie, is op die plaas waar hy drie jaar gebly het, vergiftig. Dit maak dit nog swaarder om vir Millie hier te los.

Onlangs het Petronell van die universiteit af gekom om die kas in haar kamer op te ruim en in te pak. Ek was nie die naweek tuis nie, en het maar net gewonder wat alles in die swart sak is wat sy in die motorhuis neergesit het om sam met die vullis weg te gooi. Op ’n Donderdagoggend plaas ons ons swartsakke buite die hek van die kompleks sodat die vullislorrie dit kan wegry. Vroegoggend is daar ’n klomp mense wat naderstaan en deur die sakke grawe vir enigiets bruikbaar. Verlede week sit ek toe Petronell se sak daar neer. Ek weet ek moenie binne in kyk nie. As sy reken iets moet weggegooi word, wie is ek om te stry?

Later die dag ry ek dorp toe en ek sit voor die hek terwyl dit toeskuif. Die voorsitter van die beheerliggaam is immers baie kwaai as jy wegry sonder dat die hek toe is. En toe vang hy my oog: die tuinwerker wat by die huis oorkant ons kompleks werk. Ewe vrolik stoot hy die kruiwa in die erf rond. Op sy kop pryk die narrehoed wat ek meer as ’n dekade gelede vir Petronell op die KKNK gekoop het. Ek het voor daardie fees onderneem om vir haar en Amanda elkeen so ’n hoed saam terug te bring. Dit was omtrent ’n gesukkel om die twee groot hoede terug in Gauteng te kry, maar die vreugde oor die hoede was groot.

En nou loop die tuinwerker met my kind se hoed op sy kop rond. Die hoed wat twee trekke, van die plaas na die huurhuis en van die huurhuis na die meenthuis, oorleef het. Hoekom dink ek skielik aan Doris Brasch se “Lappop”: Iemand het ’n lappop, op die ashoop weggegooi… Die hoed is ook verbleik en nie meer mooi nie, en tog sou ek dit nooit self weggegooi het nie. Indien dit van my afgehang het, sou dit saamgetrek het Doringkloof toe.

Toe ek Amanda later by die skool gaan haal, sê ek vir haar om vir die tuinwerker te kyk. Ek het trane in my oë en is duidelik ontsteld. Sy lag so dat sy amper die motor in die oprit laat vrek. “Hy dra Petronell se hoed,” sê sy. “Dis hondsnaaks!” Toe ek nie saam lag nie sê sy:  “Ma, dis nie so erg nie!”

Ja my kind, dis seker nie so erg nie. Dit sou net veel veel makliker gewees het as ek nie so ’n verduiwelse sentimentele sot was nie. Dan sou ek ook dalk daaroor kon lag.

Ek is iemand wat onwrikbaar aan herwinning glo. Ten minste het die hoed, wat vir Petronell van geen waarde meer is nie, so ’n bietjie kleur in die tuinwerker se lewe gebring. Die hoed het ’n tweede lewe gekry. Is ons nie almal dankbaar as daar so ’n stuk genade na ons kant toe kom nie?

“Liewe Groep, ek weet presies hoe groot my probleem is, maar ek probeer. Onthou, ek is eintlik maar net “a work in progress”, soos vele ander. Ek kon dit darem al regkry om my kind se uitgeslagte verstandtande in die asblik te gooi. Dankie dat u na my geluister het…”

Afrikaanse musiek verloor ‘n meester
Ek het in Desember 2009 die voorreg gehad om ‘n persoonlike onderhoud met Lucas Maree te doen. Ek was op pad see toe, en Petronell het rustig in die kar gewag terwyl ek en Lucas onder die bome by Oliewenhuis gekuier het. Dit was ‘n reuse voorreg. Al is die opskrif van die artikel nou baie ironies, sê dit presies hoe hy die laaste ruk gelewe het. Wat ‘n wonderlike, sagmoedige reus. Lucas, ons gaan jou mis!

Hierdie artikel het in die rooi rose van Junie 2010 verskyn.

Lucas kies om te lewe

Alita Vorster

“Dis glad nie waar wat ’n Sondagkoerant onlangs geskryf het nie,” protesteer Lucas Maree. “Ek is nie bang vir vlieg nie. Dis vir val wat ek bang is!” Oor hierdie opmerking lag hy spontaan en vee die trane uit sy oë uit. Iets hier in die pragtige tuine van die Oliewenhuiskunsmuseum gee hom hooikoors, verduidelik hy gou die tranerigheid.

Die man met die kop vol woorde en wysies sit oorkant my by die Terrace koffiewinkel in die tuin van Bloemfontein se Oliewenhuiskunsmuseum. Onder die groot bome in die terrastuin kan ŉ mens maklik vergeet dat die kwik op hierdie Desemberoggend oppad is om by  35˚ C  te gaan draai.

Lucas Maree was nog altyd vir my die heel beste voorbeeld van ŉ eie Afrikaanse sanger/liedjieskrywer waarvan die Amerikaners so baie het. Die woorde van sy liedjies steek vas in ŉ mens se kop. Twintig jaar nadat hy Ek sou kon doen met ŉ miljoen geskryf het, deel almal nog steeds hierdie versugting van hom as hulle probeer om die powere ekonomie te probeer besweer. Lucas vertel dat elke liedjie wat hy tot dusver geskryf het, outobiografies is. Eers as hy iets self beleef het, kan hy daaroor skryf, en dan maak hy op die manier sin uit ŉ gebeurtenis of situasie.

Baie Lucas Maree bewonderaars het ŉ sug van verligting geslaak toe daar in April 2009 uiteindelik weer ŉ CD van hom verskyn het met oorspronklike musiek op. Die CD het die gepaste titel, Lankverwag want daar het meer as vier jaar verloop tussen hierdie CD, en die vorige Lucas Maree CD.

“Die rede waarom daar niks verskyn het nie, was nogal ŉ beproewing gewees. My pa Jack het Alzheimer-siekte gekry en ek moes baie tyd met hom deurbring om na hom om te sien. Toe ek weer sien, was vier jaar verby. Maar ek is nie spyt oor die tyd wat ek met hom spandeer het nie. As ek dit nie gedoen het nie, sou ek met ŉ ander indruk van my pa die ewigheid ingegaan het. Ek het my eie pa nie geken nie want ek het grootgeword met die idee dat my pa ongevoelig is. Toe ek klein was, was my ma die een wat die slae uitgedeel het. Dan het my pa agter die deur gaan staan en lag. Ek het gedink hy hou daarvan as ek seer kry, maar ek het eers hier in sy laaste jare agtergekom hy het bloot gegiggel omdat hy onseker en ongemaklik gevoel het.

“Omdat ek altyd gevoel het my pa is afsydig, het ek nooit my geheime met hom gedeel nie. Ek het altyd na my ma toe gegaan. Vir drie jaar het ons glad nie met mekaar gepraat nie en net oor en weer boodskappe gestuur. Maar hier aan die einde het ek agtergekom baie van daardie dinge was goed wat binne in my verkeerd was. Ek moes dit regstel . Uiteindelik het ons baie dinge afgehandel en ek het vrede in myself gekry.”

Lucas vertel hy was nogal geskok om agter te kom al het hy hard probeer om nie soos sy pa te wees nie, het hy dit nie altyd reggekry nie.

“Ek het baie suksesvol in my pa verander. Terugskouend het ek gesien ek het  ŉ streep van dieselfde foute waarvoor ek hom blameer het, met  my eie kinders gemaak. Daarom was dit so belangrik dat ek myself moes uitsorteer. Hier aan die einde het hy vir my gesê: ‘Hene, ek is lief vir jou.’ Al was hy toe onder die indruk dat ek sy broer is, is ek so dankbaar hy kon dit uiteindelik sê.”

As Lucas oor sy drie dogters, Monica, Linda en Carla praat, blink sy oë opnuut. Vir hom is dit baie swaar dat Carla aan die begin van Januarie in Worcester afgelaai is. Sy gaan daar ŉ kursus in hotelbestuur doen. Die gedagte dat hy nie elke dag gaan weet hoe lyk haar hare, of hoe blink haar oë nie, is vir hom baie swaar om te verwerk. Gelukkig woon Monica nog by hom en Ilse, en Linda is ook net ŉ klipgooi van die huis af.

Oor Ilse, die vrou vir wie hy spesiaal die liries mooie Droomvrou geskryf het, sê

Lucas: “Ilse is die administrateur van die huis. Sy is die praktiese een wat sorg dat die vier dromers so nou en dan bietjie terugkom aarde toe. En dis ook reg so, ŉ mens moet weet waar die aarde is. As Ilse nie daar is nie, sal ek en die dogters net hoёr en hoёr opstyg totdat ons uiteindelik in die buitenste ruim rondswerf en ons sal glad nie meer onthou waar die praktiese goed is nie. Dis goed dat Ilse ons soms aan die praktiese dinge herinner en eintlik kry sy dit op ŉ verbasende manier reg, want daar is vier van ons, en daar is maar net een van haar.”

Die twee produkte van Lucas  wat verlede jaar verskyn het, lê altwee na aan sy hart.  Die CD Lankverwag is die heel eerste CD wat hy in sy eie ateljee by sy huis in Bloemfontein opgeneem het. Afgesien van sy eie nuutskeppings, is daar ook liedjies van Koos Kombuis, Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Jan Pohl en ŉ vertaling van Duffy Sainte-Marie se Universal soldier op die CD. Lucas het spesiaal Andre Viljoen se liedjie, Klein Karoo opgeneem.

“Dit was my ma se gunsteling liedjie en omdat ek, terwyl my ma geleef het, so min van haar gunsteling liedjies vir haar gesing het, het ek besluit om dit op hierdie CD op te neem.”

Lucas se eerste DVD, Lucas Maree en vriende, het hy met die hulp van sy vriend Andre Calitz opgeneem. Hierdie DVD is besonder omdat dit die eerste DVD is wat in Suid-Afrika met die Blu-Ray High Definition tegniek verfilm is. Die beeldmateriaal is  verstommend skerp.

“Ek is nie heeltemal seker of ek so gelukkig is met die gedagte dat almal selfs die fynste sweetdruppeltjies op hierdie geswete beplooide gesig van my moet sien nie, maar die beeld is ongelooflik.” skerts hy. “Jy kan selfs amper die riffeltjies op die kitaar se snare sien.”

Op hierdie DVD span ŉ hele klomp van Lucas se vriende saam om een van sy eiesoortige kuierkonserte te lewer. Mense soos Andre Swiegers, Coenie de Villiers, Mathys Roets om maar ŉ paar te noem.

Enigeen wat al ŉ lewendige vertoning van Lucas Maree bygewoon het, sal weet dit is werklik ŉ heerlike intieme kuier met die sanger. Dis daarom wat hy niks daarvan hou om in ŉ groot konsertsaal met 2000 mense op te tree nie. Hy verkies dit om elkeen in die gehoor in die oë te kan kyk.

“Daar het ŉ effense klemverskuiwing in my loopbaan gekom want ek wil voortaan baie meer betrokke raak by die opneem van ander kunstenaars en dan ook by die vervaardiging van hulle CD’s.  Ek gaan beslis minder rondry vir konserte. Tog sal ek nooit heeltemal daarmee ophou nie. Dit bly vir my besonders want ek hou daarvan om kontak te hê met mense. Daar is vir my min dinge so bevredigend soos die gehoor/kunstenaar situasie en ek hou baie van daardie interaksie. Ek geniet dit om met die mense te praat, en die mense in die oë te kan kyk. Ek is beslis nie een van die kunstenaars wat daarop aandring dat die gehoorsaal pikdonker moet wees sodat ek niemand kan sien nie. Oogkontak is vir my ontsettend belangrik want dit is die eintlike applous. As jy kan sien wat in die mense se oë aangaan terwyl jy besig is om te sing, weet jy of jou musiek hulle raak of nie.”

Lucas is verlede jaar gediagnoseer met prostaatkanker. Die dokters het geopereer en alhoewel die operasie ŉ sukses was, kon die hele prostaat nie verwyder word nie want ŉ gedeelte daarvan was aan sy blaas vasgegroei. Lucas het van die begin af gekies om nie chemoterapie te ontvang nie, maar eerder te hou by hormoonbehandeling. Daar was al te veel mense na aan hom wat uiteindelik baie swaar gekry het weens die verlies van lewenskwaliteit wat die chemoterapie soms tot gevolg het. Die laaste nuus wat Lucas oor sy siekte ontvang het, was goeie nuus, en hy voel positief. Tog besef hy terdeë dat ons almal sterflike wesens is, en iewers, op een of ander manier, gaan ons aardse lewe tot ŉ einde kom.

“Op hierdie stadium is dit vir my belangrik om seker te maak dat ek nie meer dinge doen waarvan ek nie hou nie, want dit is tydmors. Dalk klink dit idealisties, want ek kry dit nie elke dag reg nie, maar ek probeer doelbewus om van elke dag die meeste te maak. Dit is eintlik wat ŉ mens van die begin af moes gedoen het. Vir niemand is more ŉ belofte nie. Die enigste ding wat regtig ŉ werklikheid is, is nou. Dis binne jou mag om van nou ŉ reuse sukses te maak, of ŉ verskriklike teleurstelling. Ek kies op hierdie stadium om te lewe. Ek wil nie nou al begin doodgaan net omdat ek bang is om dood te gaan nie. Eintlik moet niemand bang wees om dood te gaan nie want ons almal gaan dit regkry. Maar om te lewe, dít is moeilik… baie moeilik.”

“Ai, hoe demper plaas ek nou op die gesprek,” sê Lucas terwyl ek en hy ŉ lastige traan wegvee, maar dan spring die terggees weer uit die kas uit. “Nou sal jy nie eers weet of dit my hooikoors is wat die trane laat vloei nie.”

Lank nadat die koppie waaruit hy sy rooibostee gedrink het koud geword het, sit ons nog en kuier. Later vertel hy hoe sy vrou met die plante in haar tuin praat. Hy kan hulle ook hoor praat, sê hy met ŉ glimlag. Soms wanneer hy in die donker nag in die tuin gaan loop, krap die stekelrige blare van die palms en yuccas hom.

”Op ŉ stadium toe dit nie met my goed gegaan het nie, het ek gevoel die plante het ŉ vendetta teen my. ‘Kyk daar loop die p*&p*l waarmee sy getroud is!’ het ek hulle gereeld hoor sê tydens my maanligwandelings,” skerts Lucas.

“Ek probeer om elke dag te lewe. Ek moet elke dag iets doen sodat ek aan die einde van die dag kan sê ek het dit reg gekry, of ek het dit probéér doen. Te veel dae het ek laat verbygaan sonder om iets te probeer doen. Aan die einde van daardie dae het ek nie eers die moeite gedoen om te dink oor wat ek daardie dag reggekry het nie. Dis ŉ mors van tyd. Tydmors is een ding wat ek nie kan bekostig nie, wat niemand kan bekostig nie. Niemand besef hoe min tyd hulle het voordat hulle nie in die situasie is waarin ek nou is nie. Doodgaan is altyd iets wat met iemand anders gebeur. En eintlik is ons almal in daardie situasie. Ons móét lewe; die grootste sonde wat enigeen kan doen, is om nie ten volle te lewe nie.”

En ja, natuurlik sal hy nog steeds kan doen met ŉ miljoen, skerts Lucas, maar hy het uiteindelik vrede daarmee gemaak dat hy altyd “monetêr moedeloos” sal wees. En indien hy nou so gelukkig is om wel die miljoen te kry, is rande oukei, maar ŉ ander geldeenheid, soos sterling, sal darem soveel beter wees.

Inderwaarheid is Lucas Maree skatryk. “Dis die goeters wat jy weggee, wat jou ryk maak,” sê hy in sy liedjie, Die weduwee se kruik. Die musiek wat Lucas Maree oor meer as twee dekades aan ons gegee het, se waarde kan jy glad nie in rande, of sterling ponde meet nie!

Besoek www.miljoen.net

Besoek Lucas se Facebookprofiel by www.facebook.com/lucas.maree

Lucas kies om te lewe

Alita Vorster

“Dis glad nie waar wat ’n Sondagkoerant onlangs geskryf het nie,” protesteer Lucas Maree. “Ek is nie bang vir vlieg nie. Dis vir val wat ek bang is!” Oor hierdie opmerking lag hy spontaan en vee die trane uit sy oë uit. Iets hier in die pragtige tuine van die Oliewenhuiskunsmuseum gee hom hooikoors, verduidelik hy gou die tranerigheid.

Die man met die kop vol woorde en wysies sit oorkant my by die Terrace koffiewinkel in die tuin van Bloemfontein se Oliewenhuiskunsmuseum. Onder die groot bome in die terrastuin kan ŉ mens maklik vergeet dat die kwik op hierdie Desemberoggend oppad is om by  35˚ C  te gaan draai.

Lucas Maree was nog altyd vir my die heel beste voorbeeld van ŉ eie Afrikaanse sanger/liedjieskrywer waarvan die Amerikaners so baie het. Die woorde van sy liedjies steek vas in ŉ mens se kop. Twintig jaar nadat hy Ek sou kon doen met ŉ miljoen geskryf het, deel almal nog steeds hierdie versugting van hom as hulle probeer om die powere ekonomie te probeer besweer. Lucas vertel dat elke liedjie wat hy tot dusver geskryf het, outobiografies is. Eers as hy iets self beleef het, kan hy daaroor skryf, en dan maak hy op die manier sin uit ŉ gebeurtenis of situasie.

Baie Lucas Maree bewonderaars het ŉ sug van verligting geslaak toe daar in April 2009 uiteindelik weer ŉ CD van hom verskyn het met oorspronklike musiek op. Die CD het die gepaste titel, Lankverwag want daar het meer as vier jaar verloop tussen hierdie CD, en die vorige Lucas Maree CD.

“Die rede waarom daar niks verskyn het nie, was nogal ŉ beproewing gewees. My pa Jack het Alzheimer-siekte gekry en ek moes baie tyd met hom deurbring om na hom om te sien. Toe ek weer sien, was vier jaar verby. Maar ek is nie spyt oor die tyd wat ek met hom spandeer het nie. As ek dit nie gedoen het nie, sou ek met ŉ ander indruk van my pa die ewigheid ingegaan het. Ek het my eie pa nie geken nie want ek het grootgeword met die idee dat my pa ongevoelig is. Toe ek klein was, was my ma die een wat die slae uitgedeel het. Dan het my pa agter die deur gaan staan en lag. Ek het gedink hy hou daarvan as ek seer kry, maar ek het eers hier in sy laaste jare agtergekom hy het bloot gegiggel omdat hy onseker en ongemaklik gevoel het.

“Omdat ek altyd gevoel het my pa is afsydig, het ek nooit my geheime met hom gedeel nie. Ek het altyd na my ma toe gegaan. Vir drie jaar het ons glad nie met mekaar gepraat nie en net oor en weer boodskappe gestuur. Maar hier aan die einde het ek agtergekom baie van daardie dinge was goed wat binne in my verkeerd was. Ek moes dit regstel . Uiteindelik het ons baie dinge afgehandel en ek het vrede in myself gekry.”

Lucas vertel hy was nogal geskok om agter te kom al het hy hard probeer om nie soos sy pa te wees nie, het hy dit nie altyd reggekry nie.

“Ek het baie suksesvol in my pa verander. Terugskouend het ek gesien ek het  ŉ streep van dieselfde foute waarvoor ek hom blameer het, met  my eie kinders gemaak. Daarom was dit so belangrik dat ek myself moes uitsorteer. Hier aan die einde het hy vir my gesê: ‘Hene, ek is lief vir jou.’ Al was hy toe onder die indruk dat ek sy broer is, is ek so dankbaar hy kon dit uiteindelik sê.”

As Lucas oor sy drie dogters, Monica, Linda en Carla praat, blink sy oë opnuut. Vir hom is dit baie swaar dat Carla aan die begin van Januarie in Worcester afgelaai is. Sy gaan daar ŉ kursus in hotelbestuur doen. Die gedagte dat hy nie elke dag gaan weet hoe lyk haar hare, of hoe blink haar oë nie, is vir hom baie swaar om te verwerk. Gelukkig woon Monica nog by hom en Ilse, en Linda is ook net ŉ klipgooi van die huis af.

Oor Ilse, die vrou vir wie hy spesiaal die liries mooie Droomvrou geskryf het, sê

Lucas: “Ilse is die administrateur van die huis. Sy is die praktiese een wat sorg dat die vier dromers so nou en dan bietjie terugkom aarde toe. En dis ook reg so, ŉ mens moet weet waar die aarde is. As Ilse nie daar is nie, sal ek en die dogters net hoёr en hoёr opstyg totdat ons uiteindelik in die buitenste ruim rondswerf en ons sal glad nie meer onthou waar die praktiese goed is nie. Dis goed dat Ilse ons soms aan die praktiese dinge herinner en eintlik kry sy dit op ŉ verbasende manier reg, want daar is vier van ons, en daar is maar net een van haar.”

Die twee produkte van Lucas  wat verlede jaar verskyn het, lê altwee na aan sy hart.  Die CD Lankverwag is die heel eerste CD wat hy in sy eie ateljee by sy huis in Bloemfontein opgeneem het. Afgesien van sy eie nuutskeppings, is daar ook liedjies van Koos Kombuis, Koos du Plessis, Coenie de Villiers, Jan Pohl en ŉ vertaling van Duffy Sainte-Marie se Universal soldier op die CD. Lucas het spesiaal Andre Viljoen se liedjie, Klein Karoo opgeneem.

“Dit was my ma se gunsteling liedjie en omdat ek, terwyl my ma geleef het, so min van haar gunsteling liedjies vir haar gesing het, het ek besluit om dit op hierdie CD op te neem.”

Lucas se eerste DVD, Lucas Maree en vriende, het hy met die hulp van sy vriend Andre Calitz opgeneem. Hierdie DVD is besonder omdat dit die eerste DVD is wat in Suid-Afrika met die Blu-Ray High Definition tegniek verfilm is. Die beeldmateriaal is  verstommend skerp.

“Ek is nie heeltemal seker of ek so gelukkig is met die gedagte dat almal selfs die fynste sweetdruppeltjies op hierdie geswete beplooide gesig van my moet sien nie, maar die beeld is ongelooflik.” skerts hy. “Jy kan selfs amper die riffeltjies op die kitaar se snare sien.”

Op hierdie DVD span ŉ hele klomp van Lucas se vriende saam om een van sy eiesoortige kuierkonserte te lewer. Mense soos Andre Swiegers, Coenie de Villiers, Mathys Roets om maar ŉ paar te noem.

Enigeen wat al ŉ lewendige vertoning van Lucas Maree bygewoon het, sal weet dit is werklik ŉ heerlike intieme kuier met die sanger. Dis daarom wat hy niks daarvan hou om in ŉ groot konsertsaal met 2000 mense op te tree nie. Hy verkies dit om elkeen in die gehoor in die oë te kan kyk.

“Daar het ŉ effense klemverskuiwing in my loopbaan gekom want ek wil voortaan baie meer betrokke raak by die opneem van ander kunstenaars en dan ook by die vervaardiging van hulle CD’s.  Ek gaan beslis minder rondry vir konserte. Tog sal ek nooit heeltemal daarmee ophou nie. Dit bly vir my besonders want ek hou daarvan om kontak te hê met mense. Daar is vir my min dinge so bevredigend soos die gehoor/kunstenaar situasie en ek hou baie van daardie interaksie. Ek geniet dit om met die mense te praat, en die mense in die oë te kan kyk. Ek is beslis nie een van die kunstenaars wat daarop aandring dat die gehoorsaal pikdonker moet wees sodat ek niemand kan sien nie. Oogkontak is vir my ontsettend belangrik want dit is die eintlike applous. As jy kan sien wat in die mense se oë aangaan terwyl jy besig is om te sing, weet jy of jou musiek hulle raak of nie.”

Lucas is verlede jaar gediagnoseer met prostaatkanker. Die dokters het geopereer en alhoewel die operasie ŉ sukses was, kon die hele prostaat nie verwyder word nie want ŉ gedeelte daarvan was aan sy blaas vasgegroei. Lucas het van die begin af gekies om nie chemoterapie te ontvang nie, maar eerder te hou by hormoonbehandeling. Daar was al te veel mense na aan hom wat uiteindelik baie swaar gekry het weens die verlies van lewenskwaliteit wat die chemoterapie soms tot gevolg het. Die laaste nuus wat Lucas oor sy siekte ontvang het, was goeie nuus, en hy voel positief. Tog besef hy terdeë dat ons almal sterflike wesens is, en iewers, op een of ander manier, gaan ons aardse lewe tot ŉ einde kom.

“Op hierdie stadium is dit vir my belangrik om seker te maak dat ek nie meer dinge doen waarvan ek nie hou nie, want dit is tydmors. Dalk klink dit idealisties, want ek kry dit nie elke dag reg nie, maar ek probeer doelbewus om van elke dag die meeste te maak. Dit is eintlik wat ŉ mens van die begin af moes gedoen het. Vir niemand is more ŉ belofte nie. Die enigste ding wat regtig ŉ werklikheid is, is nou. Dis binne jou mag om van nou ŉ reuse sukses te maak, of ŉ verskriklike teleurstelling. Ek kies op hierdie stadium om te lewe. Ek wil nie nou al begin doodgaan net omdat ek bang is om dood te gaan nie. Eintlik moet niemand bang wees om dood te gaan nie want ons almal gaan dit regkry. Maar om te lewe, dít is moeilik… baie moeilik.”

“Ai, hoe demper plaas ek nou op die gesprek,” sê Lucas terwyl ek en hy ŉ lastige traan wegvee, maar dan spring die terggees weer uit die kas uit. “Nou sal jy nie eers weet of dit my hooikoors is wat die trane laat vloei nie.”

Lank nadat die koppie waaruit hy sy rooibostee gedrink het koud geword het, sit ons nog en kuier. Later vertel hy hoe sy vrou met die plante in haar tuin praat. Hy kan hulle ook hoor praat, sê hy met ŉ glimlag. Soms wanneer hy in die donker nag in die tuin gaan loop, krap die stekelrige blare van die palms en yuccas hom.

”Op ŉ stadium toe dit nie met my goed gegaan het nie, het ek gevoel die plante het ŉ vendetta teen my. ‘Kyk daar loop die p*&p*l waarmee sy getroud is!’ het ek hulle gereeld hoor sê tydens my maanligwandelings,” skerts Lucas.

“Ek probeer om elke dag te lewe. Ek moet elke dag iets doen sodat ek aan die einde van die dag kan sê ek het dit reg gekry, of ek het dit probéér doen. Te veel dae het ek laat verbygaan sonder om iets te probeer doen. Aan die einde van daardie dae het ek nie eers die moeite gedoen om te dink oor wat ek daardie dag reggekry het nie. Dis ŉ mors van tyd. Tydmors is een ding wat ek nie kan bekostig nie, wat niemand kan bekostig nie. Niemand besef hoe min tyd hulle het voordat hulle nie in die situasie is waarin ek nou is nie. Doodgaan is altyd iets wat met iemand anders gebeur. En eintlik is ons almal in daardie situasie. Ons móét lewe; die grootste sonde wat enigeen kan doen, is om nie ten volle te lewe nie.”

En ja, natuurlik sal hy nog steeds kan doen met ŉ miljoen, skerts Lucas, maar hy het uiteindelik vrede daarmee gemaak dat hy altyd “monetêr moedeloos” sal wees. En indien hy nou so gelukkig is om wel die miljoen te kry, is rande oukei, maar ŉ ander geldeenheid, soos sterling, sal darem soveel beter wees.

Inderwaarheid is Lucas Maree skatryk. “Dis die goeters wat jy weggee, wat jou ryk maak,” sê hy in sy liedjie, Die weduwee se kruik. Die musiek wat Lucas Maree oor meer as twee dekades aan ons gegee het, se waarde kan jy glad nie in rande, of sterling ponde meet nie!

Besoek www.miljoen.net

Besoek Lucas se Facebookprofiel by www.facebook.com/lucas.maree

God se optelsom
In die aard van my loopbaan het ek al stories by mense gehoor waaroor ek soms gewonder het of dit regtig waar kan wees. By meer as een geleentheid het iemand my al vertel hoe God op ’n merkwaardige manier noukeurig voorsien het soos wat Hy moes. Presies tot op die naaste rand en sent. In my eie lewe kon ek nog altyd getuig het van ’n God van genade wat werklik weet wanneer die nood die grootste is, maar hierdie Saterdag was ’n geleentheid wat my opnuut laat besef het hoe perfek God se optelsomme werk.

Die afgelope jaar of twee het ek deur vriendin Elsabe bevriend geraak met Kobus en Sonja Smit, bedrewe uithouritruiters. Die ding wat ons natuurlik dadelik goeie vriende gemaak het, is ons liefde vir perde. Toe ek in Desember saam met die klomp gery het, was Kobus een van die ruiters wat uiteindelik ook die volle tog om die Vaaldam voltooi het.

Kobus is sowat elf jaar gelede met ’n tipe limfklierkanker gediagnoseer of te wel Nie-Hodgkinsindroom. Ten spyte van dokters se negatiewe voorspellings en vooruitskattings, het hy nog altyd dapper teen die siekte terugbaklei. En elke keer net as hy dink nou het hy kanker finaal gewen, keer dit weer terug.

Aan die einde van 2010 het Kobus weer ’n reeks chemoterapiebehandelings gekry. Al het dit hom bitter siek gemaak, het dit hom nie daarvan weerhou om die 327 kilo’s om die dam te perd af te lê net ’n week of drie na die laaste behandeling nie. Die Dinsdagoggend van die Omdiedamrit, net voordat ek opgehou ry het, het ek en Kobus ’n ver ent langs mekaar gery. “Ek sal eers ophou perdry die dag as ek nie meer kan loop nie,” het die dapper man toe vir my gesê.

Kobus se kanker het hom die afgelope paar jaar finansieel nogal ’n groot knou gegee aangesien die mediese fonds nie vir al die uitgawes kon betaal nie. Sy laaste beenmurgoorplanting het nagenoeg 1,6 miljoen rand gekos en Kobus was self verantwoordelik vir R400 000. Maar ten spyte van moeilike omstandighede het hy nooit opgehou om uit te reik na ander ruiters wat sy hulp nodig gehad het nie, en was hy nog altyd ’n voorbeeld van iemand wat ander se belange voor sy eie gestel het.

Op die oomblik is Kobus se beenmurg te kwaai onder druk om verdere chemoterapie moontlik te maak en bestraling is dus nodig. Die probleem is egter dat die PET-skandering wat gedoen moet word om te sien presies waar bestraal moet word, R15000 kos. R15000 wat Kobus tans nie het nie. Gelukkig het die hospitaal ingestem dat Kobus net R5000 vir die gebruik van die toerusting moet betaal, juis omdat hy al soveel kere in die verlede daar was vir behandeling.

Vriendin Elsabe en Kobus se vrou Sonja het egter besluit dit is te belangrik om dit so gou as moontik te doen en Kobus moet die skandering ondergaan. Daar sal ’n plan gemaak moet word om die R5000 in die hande te kry. Die twee het koppe bymekaar gesit en besluit om ’n pretrit te reel. Die perderit is vir Saterdag 12 Februarie georganiseer. Elkeen van die ruiters wat die tog meemaak sou ’n R100 inskrywingsfooi moes betaal. Coenie Henning van Sure Focus, ’n skietbaan buite Meyerton het sy geriewe beskikbaar gestel en elkeen wat ry kon ’n kampie vir die perd daar huur. Na afloop van die rit gaan daar eers ’n bietjie saamgekuier word, voordat elkeen weer huiswaarts keer, te perd of met die perd in die perdesleepwa. Perdemense hou sommer baie van kuier, weet ek nou al uit ervaring.

Sonja het intussen ’n geloofsprong geneem en besluit om die afspraak vir die skandering te maak. Op Saterdagoggend die 12e is ons uiteindelik 37 perderuiters wat net na 9 uur vertrek. Effektief beteken dit dus ’n bedrag van R3700. Vroeg reeds is dit bloedig warm maar ons is dankbaar dat die reën wat nou al vir weke lank dit besonder moeilik maak om perd te ry, vir eers die wyk geneem het. Die hardgebakte modder is die enigste getuienis van vroeëre stortreën.

Ons het in een groep gery tot by Koolfontein, en daar het ons weer in twee groepe opgedeel. Een groep met die derduiwels wat nie huiwer om volspoed op die perde te galop nie, en ’n groep met die meer versigtige of onervare ruiters en perde. Dis nou mense soos ek wat altyd in beheer wil wees wanneer hulle op die perd se rug sit. ’n Mens moet iewers in jou lewe voel jy is in beheer! 

Uiteindelik het ons sonder enige ernstige voorvalle ( dis nou afgesien van die een wilde perdjie wat Petronell en Karin en my arme Dean geskop het) die rit voltooi en almal saam by die boma bymekaar gekom vir die afhandeling van al die formaliteite. Aan elke ruiter wat die rit meegemaak het is daar ’n sertifikaat, met ’n pragtige foto van Kobus op sy perd, uitgedeel. Daar is ook twee gelukspakkies uitgeloot. Karin het soos altyd dit keurig bymekaar gesit en ons almal se monde het gewater: of vir die eetgoed, of vir die skoonheidsprodukte. Kan jy nou meer! Les en Moira wen sowaar elkeen ‘n gelukspakkie. Nie aldag wat ’n man en vrou dit regkry nie.

Toe bly die laaste item oor om die fondse mee te versterk. Phil Medlock het ’n spesiale bottel Cabarnet Sauvignon wat Dok Danie Craven self geteken het geskenk om opgeveil te word. Die veiling verloop flink en daar word gretig gebie. Uiteindelik word die koopprys op R700 toegeslaan. Claire Bothma is die trotse eienaar van die bottel wyn.

En toe is dit die oomblik waarop almal gewag het. Elsabe moet verslag doen oor die fondse wat die dag ingesamel is. Het ons daarin geslaag om R5000 bymekaar te kry?, wonder ons almal. Eerstens bedank sy vir Coenie wat uiteindelik die geld wat ingesamel is vir die gebruik van sy toerusting alles weer vir Kobus se fonds gegee het. Saam met die geskenkpakke se lootjies is die bedrag wat ingesamel is R4300. Al wat gekort het was R700 om by die beoogde bedrag van R5000 uit te kom, verduidelik Elsabe. En sowaar, daar is die bottel rooiwyn vir presies R700 verkoop!

Ek dink nie ek was die enigste een in die groep wie se oë vol trane geskiet het toe ons dit hoor nie. Hoe volmaak werk God se optelsomme nie!

Dit was ‘n heerlike dag in ’n goeie gees. Vir ‘n paar dae loop ons nog met so ’n effense spierpyn of twee net om ons daaraan te herinner dat ons Saterdag hard gewerk het. Diegene wat dink dit is net die perdjies wat werk, kom ry volgende keer saam. 26 kilometer teen ’n stywe pas in die bloedige Februarieson is nie grappies nie.

Kobus gaan hierdie week nog vir die skandering. Ons grootste bede is dat hy hierdie rondte rêrig die kanker bloedneus gaan slaan!

Ons groet ‘n radiolegende
Die amptelike Afrikaanse radiolegende

Een van die merkwaardigste en genotvolle onderhoude wat ek in my loopbaan gevoer het, was met Fanus Rautenbach. Ek het in 2008 hierdie voorreg gehad en ek het hierdie artikel uit die laai gaan haal en weer afgestof om op hierdie manier hulde aan Grootman, soos sy vriend Piet Coetzer na hom verwys, te bring. Die artikel het oorspronklik in Vrouekeur verskyn.

Wanneer die “Penniefluitjiekwêla” begin speel, roep dit onmiddellik my kinderdae op. Dit is die wysie waarmee ek smorens wakker geword het. Die radio was maar altyd aan op die Afrikaanse diens. Dan het Fanus Rautenbach die hele volk gegroet en saamgenooi om flink uit die vere te spring en saam met hom en sy Flinkveria kabinet die dag aan te pak.

Daar was altyd ’n grappie of twee, ’n slim speel met woorde, ’n limeriek wat jou laat giggel het. Dit was die wonderlike tye voordat ontbyttelevisie gekom het en waarin geweld en misdaad en politiek saam met ontbytpap aan ons opgedis is. Maar na dertien jaar het Fanus se program, Flink uit die vere, in 1974 van die eter verdwyn en is dit vervang met die oggendjoernaalprogram Monitor. ’n Swaargewig program waarin verslag gedoen word oor die sake van die dag. Tussen die korrupsie, bedrog, plaasmoorde, padwoede, stygende brandstofprys en al die ander treurmares het daar min oorgebly om oor te lag.

Wanneer Fanus Rautenbach vir my sy woonstel se deur oopmaak, voel dit beslis nie soos ’n vreemdeling wat voor my staan nie. Ek ken hom mos al jare lank, al sien hy my vandag vir die eerste keer. So in die loop na die hysbak keer van die aftree-oord se personeel Fanus voor. “Ons het meneer Saterdag oor die radio gehoor,” gesels hulle opgewonde.

Vinnig vertel Fanus hulle dan die doel van my besoek. “Sy is ’n joernalis wat ’n artikel oor my gaan skryf vir die Vrouekeur.” Nog meer rede vir opgewondenheid.

Ons eet ’n heerlike middagete by die Constantia Buiteklub. Ook hier is Fanus ‘n geliefkoosde gas en hy gesels met al die kelners en die bestuurder wat na sy welstand verneem

Vir byna twee ure sit ek en Fanus daar en kuier. Vertel hy my die pad wat sy loopbaan gevolg het. Ja, glo dit of nie, daar is selfs ‘n konneksie met De la Rey. Die laerskool waar Fanus begin skoolhou het, is die laerskool De la Rey in Westdene, Johannesburg. Dit was dieselfde skool waar hy sy laerskooljare deurgebring het. Van daar is Fanus na Hoërskool Groblersdal gesekondeer. Daar het hy die volgende vyf maande warm gekry in die eerste plek, en skoolgehou, in die tweede plek.

Op ’n Sondagmiddag het hy in die koel gang van die huis gelê toe hy in die koerant ‘n advertensie gesien het vir ‘n pos as draaiboekskrywer by Karfo. Op daardie tydstip het hy al ’n paar tydskrifverhale gepubliseer onder die naam Fanus Bach en het hy ook Huisgenoot se kortverhale wedstryd gewen.

“Ek doen toe aansoek vir die pos en sluit die storie in. Die eerste opdrag wat ek moes uitvoer was ’n teks vir ’n dokumentêre film, Lente in Pretoria. Uiteindelik het hulle iemand gesoek om die teks voor te lees op die film. Ek het aangebied om dit te doen, maar hulle wou nie hê ek moet nie. Dit moes kwansuis ‘n professionele persoon wees. Toe tel ek die telefoon op, bel vir Jan Pohl by die SAUK en vra hom hoe word ek professioneel. Hy wou toe weet wie praat en toe hy uitvind ek is die skrywer Fanus Bach, het hy my dadelik genooi om ’n stemtoets te doen. Dit was gelukkig nie te moeilik nie, ek het selfs geweet wie Mozart en Beethoven was,” skerts Fanus.

Nodeloos om te sê, Fanus het die pos by die SAUK gekry. Hy kan met reg spog dat hy verantwoordelik was vir die heel eerste inbelprogram op die Afrikaanse radiodiens. Hy het die versoekprogram, In almal se kraal wat op ’n Woensdagaand uitgesaai is, by Douwlina Grobler oorgeneem, Douwlina het later sy vrou word.

Fanus was glad nie lus om al die honderde kaartjies deur te werk om te sien wie versoek watter plaat nie. Hy sê toe vir die luisteraars watter plate hy gereed het om te speel. Toe verskaf hy die nommer van die ateljee en nooi die mense uit om hulle versoek sommer direk aan hom deur te gee.

Dit het soos ‘n bom gewerk en beslis aanleiding gegee tot sy vroegoggendprogram Flink uit die vere waarvan die heel eerste uitsending op 16 Oktober 1961 plaasgevind het.

Fanus vertel hoe hy elke dag Douwlina Grobler dop gehou het waar sy sit en tee drink het in die ateljee. Jy kon haar altyd deur ’n ring trek, van haar hoëhakskoene tot haar beret wat sy graag gedra het. Sy het so fyntjies tee gedrink, pinkie in die lug, onthou hy. “Sy gee my toe die pinkie, en toe gryp ek die hele hand,” korswel Fanus verder. Vroutjie Douwtjie, soos Fanus altyd liefdevol na haar verwys het, is in 2002 aan Alzheimer se siekte dood.

Maar terug by Flink uit die Vere. Iets anders waarop Fanus kan roem is die heerlike fees wat uit sy program gespruit het. Die luisteraars het van heinde en verre kom uitkamp daar by Bronkhorstbaai en die fees het bekend gestaan as Flinkveria. Dit was heerlike dae. Die digter GA Watermeyer het joernaal gehou van die hele fees en Fanus het seker gemaak Watermeyer word geborg vir hierdie skryfwerk.

Fanus is taamlik uitgesproke oor die SAUK se besluit destyds om sy program, ’n program wat deurspek was met humor, kwinkslae en woordspelings van die lug te haal en met aktualiteit te vervang “In plaas daarvan om juis ‘n teenwig vir moord en doodslag te vind, vertel hulle toe met die joernaalprogram dieselfde negatiewe stories en maak die mense morbied. Dit was ‘n fout. Ek wil nie sê hulle moes my behou het nie maar ek dink die volk sou veel meer gebaat het by ’n program wat humoristies van aard is, maak nie saak wie die aanbieder was nie. Die volk is honger vir humor. Ek glo ‘n mens moet elke dag ten minste 15 keer lag. Ek het baie meer as dit gelag, in my program het humor regeer.”

Moet tog net nie na Fanus as ’n grapjas verwys nie, dit is hy nie. Hy is wel ’n humoris wat baie fyn kan spot en heerlik met woorde speel om dan ’n baie snaakse alternatief op die gewone te kry. Vandag nog is hy steeds hard besig om nuutskeppings te maak vir allerlei Engelse woorde wat indringers is. Daar is oorbel vir selfoon, vonkpos vir e-pos en ysterkoei vir die rekenaar. Sy nuwe CD met grappies op noem hy sommer sy lagskyf.

In sy loopbaan is Fanus so ’n paar keer gesensor vir ’n stoute grappie. Hy het eenmaal vir sy luisteraars gesê “Ek het ‘n wonderlike buurman; hy sal sy broek vir my uittrek.”  Toe speel hy musiek en net daarna sê hy toe:…”en my buurvrou ook!”

Maar Fanus ontken dat hy ooit gewaagd was of lelik gepraat het. Hy het altyd vir een mens uitgesaai, en dit was vir sy ma. Die raad, om net met een persoon op ’n slag te praat, het Jan Pohl hom gegee. So het hy dit altyddeur reggekry om mense by sy uitsendings te betrek want almal het altyd gevoel Fanus saai vir hulle persoonlik uit

Fanus gesels ook graag oor sy kinders en kleinkinders. Fanus het twee seuns, Frans wat met Elmari getroud is en Gerrit, wat getroud was met Annemarie. Soos enige trotse oupa vertel hy van elkeen in die besonder; daar is Anneke, Stefan, Daniël, Michelle en Nandi. Die stories wat hy geskryf het en die 22 boeke wat uit sy pen verskyn het, is nog iets waaroor hy graag praat. Hy is tans besig om te werk aan sy memoires. “Sebastian Kloon sit op die stoep en lieg. En lag. ’n Anderster ware verhaal oor Fanus Rautenbach.” In die boek kloon hy homself en dan word hy Sebastian Kloon.

Die man het ‘n plan kom jy dan agter. Alles wat te riskant is om oor sy eie lewe te vertel, gebeur mos met Sebastian, en niemand kan ‘n vinger wys nie. Behalwe hierdie avonture skryf hy ook ’n gereelde rubriek vir LitNet, Umfaanus.

As jy Fanus se naam noem, dink ’n mens onwillekeurig aan karakters soos Staal Burger en Willem Coesee en die altyd teenwoordige doedie wat hy geskep het, die teks van Nuustak wat hy help skryf het, Liewe Oom Draadloos wat ook sy pennevrug is. Almal weet egter nie Fanus het ook pragtige lirieke vir sowat 15 liedjies geskryf nie. Hy het die vertaling van Jacques Brel se Ne me quitte pas in Afrikaans gedoen as Moenie weggaan nie. Hierdie lied is deur Laurika Rauch opgeneem, en dit het aan Fanus roem verwerf by die koningin van Nederland nadat dit by ’n geleentheid vir Madiba gespeel is. Randall Wicomb se Kopersmit en Leon Schuster se Water op die knieë is ook skeppings van Fanus Rautenbach.

Wat is die geheim van sy sukses, wil ek weet? Hy het self al gesê daar was weinig finansiële beloning vir sy loopbaan. Maar dan kom die antwoord, seker en beslis: “Die sukses wat ek as uitsaaier gehad het lê in die geheim dat ek dit altyd beskou het as ons program, nie myne alleen nie. Die luisteraars het net soveel inspraak daarin gehad. Ek het nie toegelaat dat die base inmeng met dit waarna die mense wil luister nie. Dit was ook altyd ‘n tweerigtinggesprek.

“Op ’n stadium het Springbokradio my ’n pos aangebied waarin ek tien keer meer sou verdien as by die Afrikaanse diens. Ek wou dit nie aanvaar nie want ek wou by my mense gebly het.

“Op die ou end lê die tevredenheid in die wete die stuk werk wat ek gedoen het, het ek goed gedoen. En natuurlik moet jy dit wat jy doen geniet. Ek het elke oomblik daarvan geniet, en altyd gelag!”

Te vinnig is die kuier om en neem ek Fanus terug na sy woonplek in Observatory Kaapstad.

Wanneer ek hom aflaai en saam met hom terugstap na die gebou waarin hy woon sê hy: “Jy weet, ek sal nou vir jou sê soos wat ek vir die skoonheidskoningin gesê het met wie ek ‘n onderhoud gevoer het. ‘Ons het nou genoeg oor my gepraat, kom ons praat ‘n slag oor jou. Nou sê my, wat dink jy van my?’ Hy lag lekker, uit sy maag uit, en ek saam met hom. Met Fanus Rautenbach in jou geselskap, hoe kan jy anders as om nog ‘n slag te lag?

Ou ryperd
“Ons moet ons koppe laat lees,” sê vriendin Elsabe nou die oggend kwart oor vier vir my. Bo ons het die oggendster blink gehang. Van ’n opkomende son was daar nog geen teken nie. Voor ons in die donker het die twee perde hulle kragvoer uit plastiekemmers geëet. Die ander perde wat saam met hulle in die kampie was, het hoopvol nader gestaan, maar ek en Elsabe het seker gemaak niemand anders vat Dean en Kudu se kos af nie.

“Dit vat definitief ’n spesiale tipe mens om dit te doen,” het sy later gesug  toe die perde klaar geëet het, en ons koers kies skuur toe waar ’n koppie Boeretroos gewag het.

Maar wag, laat ek voor begin. Ek het besluit om vanjaar aan te sluit by ’n groepie perderuiters wat die laaste paar dae van Desember ‘n perderit al om die Vaaldam onderneem. Vanjaar was dit die tweede keer wat die unieke rit plaasgevind het en dit sal beslis nie die laaste keer wees nie. Die meeste ruiters wat hieraan deelneem, is ervare ruiters wat ook uithouritte soos die uitmergelende Fauresmith aanpak. Vanweë my gebrek aan ervaring, en genoeg ure in die saal, het ek besluit om net die eerste dag saam te ry.

Sondagoggend 26 Desember het ons almal by die huis van Willie Watermeyer bymekaar gekom. So teen tienuur het 24 ruiters vandaar vertrek. Die adrenalien het lekker gepomp  toe ons met die brug oor die R59 snelweg gery het en ’n paar motoriste op die snelweg vrolik getoeter het.  Ons is deur Daleside en so op die soom van die Suikerbosrant verby Kareekloof waar ons uiteindelik langs die Meyerton/Heidelbergpad gestop het vir ’n laatoggendete. Ravin se hamburgers het heerlik afgegaan, en almal was nog vars en opgewonde oor die res van die rit wat voorgelê het.

Die tweede been het baie meer stamina vereis. Ou Dean, my liefling, is ook nie meer vandag se kind nie. Te oordeel aan sy tande is hy al meer as 18 jaar oud. Ek en Dean moes lang ente alleen ry nadat die groepie saam met wie ek gery het, onttrek het. Dit was verskriklik warm en my perd het by tye erg gestres as hy geen ander perd sien nie. Soms het ek gewonder of ons nog op die regte pad was, maar gelukkig het ons weer ander ruiters raakgeloop by die waterpunt. Toe ons uiteindelik die plaashuis in die verte sien waar ons die aand sou oornag, was ek vreeslik verlig. Ek was werklik dankbaar om deur die plaashek te ry, en van die saal af te gly. My verbasing was groot toe ek uitvind ek en Dean het sewende by die bestemming aangekom. Veertig kilometer was agter die rug.

Ons het die aand almal saam in die groot skuur geslaap. Ek was so moeg dat ek daardie nag nie eers gehoor het hoe al die honde op die plaas behoorlik soos wolwe gehuil het nadat ‘n jakkals in die omgewing die spul op hol gehad het nie. Die volgende oggend kon ek maar net lag toe almal van die kabaal vertel het.

Vieruur Maandagoggend het Willie soos ‘n wafferse hoenderhaan gekraai. Dit was tyd om op te staan. Die perde moes gevoer word en ons wou graag voor ses uur vertrek. Dit was toe dat ek en Elsabe die interessante gesprek gehad het. Al was ek van plan om net die eerste dag te ry, kon ek nie die versoeking weerstaan om die Maandagoggend weer saam te ry nie. Daar is immers niks lekkerder as om vroegoggend op ‘n perd se rug te wees nie. Dis dan wat jy kans kry om die doudruppels soos diamante op die grashalms te sien glinster.

Aanvanklik sou ek net tot by die eerste waterpunt, op 22 kilometer ry, maar daar aangekom, het die klomp my gou oortuig dat ek maklik die laaste 8 kilometer van die oggendskof ook sou kon maak. Ek het dit gedoen, al was my lyf, en sitvlak, redelik seer. Ek was ongelooflik trots toe ek en Dean uiteindelik na 70 kilometer halt roep. Seer, styf, blikners, maar met ‘n hart wat reusagtig groot geswel het: Ek het dit reg gekry! Daar was boonop genoeg getuies wat dit kon bevestig. My twee meisiekinders was hoeka bra skepties of ek hierdie toets sou slaag. Volgende jaar sal ek sorg dat ek saalfiks is. Dan gaan ek beslis langer saam met die wonderlike groepie perdemense kuier.

Sondag se groep van 24 het nou verminder na ‘n groepie van 15 wat waarskynlik enduit sal ry. ‘n Mens kan natuurlik glad nie voorspel wat vorentoe gaan gebeur nie. Perde kan seer kry, ongelukke gebeur maar aan energie en entoesiasme ontbreek die klompie glad nie.

Toe ek en De Wet Maandagaand vir oulaas saam met die groep gaan braai het, was ek skoon hartseer om totsiens te sê en te weet  ek gaan nie Donderdag die voorreg hê om saam met hulle klaar te maak nie.

Dit was voorwaar ‘n besondere groep mense. Carl, die blinde ruiter, wat al een Fauresmithrit voltooi het, het saam met sy perd Billy weer vir groot pret gesorg.  Sodra Carl ‘n ruiter wil verbysteek, druk hy bloot die fietsklokkie wat voor op sy saal vasgemaak is. Dis nou ‘n goeie voorbeeld waar perd en ruiter mekaar ten volle vertrou.

Kobus, ’n baie ervare uithouritruiter, het nog vroeër in Desember chemoterapie ontvang maar dit het hom nie gestuit om saam te ry nie. “Ek sal bly ry totdat ek nie meer kan opstaan nie,” het hy moedig vertel terwyl ons Maandagoggend daar oor die koppies naby Klipkraal verby gery het. Wat ’n merkwaardige voorbeeld van iemand wat weier om te gaan lê. Hy het lankal geleer dat perdry wonderlike terapie is.

So ’n rit is nie gemaak vir sissies nie. Daar is geen gemak en gerief nie. Tog is daar soveel vreugde en kameraadskap om op te maak vir alles wat jy ontbeer. Jy moet tevrede wees om by ’n koue kraan jou gesit te was en tande te borsel. Gelukkig het party slaapplekke wel ‘n stort en dan waardeer jy dit natuurlik soveel meer.  Vir selfsug is daar nie plek nie. Jou perd se behoeftes word voorop gestel en voor jy ’n beker koffie en beskuit geniet, moet jy seker maak die perd het geëet. Ja, al moet jy vieruur opstaan.

Hopelik sal ek in 2011 die voorreg hê om lang ure op Dean se rug deur te bring. Wanneer ek volgende keer om ‘n kampvuur sit en kuier, sal ek outomaties terugdink aan die aand toe ons almal tam en lyfseer van die dag se rit, lekker saam met Dozi kon sing: O, Ryperd, ons ry die pad tesame… Nie almal wat gewoonlik so lustig saam met Dozi sing weet wat dit regtig beteken nie.

Ek salueer elkeen van die manne en vroue wat tot die einde gaan vasbyt! Wat ‘n voorreg om ’n deeltjie daarvan te kon meemaak. Daar IS iets aan die buitekant van ’n perd wat goed is vir die binnekant van ’n mens…

Los ons renosters uit!
Ek het onlang die voorreg gehad om, aan ŉ renoster in ŉ wildtuin in Swaziland te raak. Dit was weliswaar oor ŉ elektriese heining, maar steeds ŉ besonderse voorreg. Die logge dame is al ŉ paar jaar oud, maar sy is met ŉ bottel hans grootgemaak en laat jou dus baie naby aan haar toe. Die vertroue waarmee sy jou ingenome aankyk wanneer jy haar skurwe vel so ŉ bietjie krap en liefkoos, maak natuurlik van haar ŉ baie sagte teiken. Renosters is al die afgelope paar jaar die teiken van gewetenlose misdadigers wat nie vir ŉ oomblik sal huiwer om hulle dood te maak, die horing af te saag, en dan weer te verdwyn nie. Deesdae is die aanslag teen die diere wat miljoene jare oud is, feller as ooit. Sedert 1970 is 90 persent van die wêreld se renosterbevolking doodgemaak deur sy enigste natuurlike vyand: die mens. Die klomp in Swaziland het natuurlik ŉ veel groter kans op oorlewing want daar word wildstropery nie geduld nie en swaar gestraf.

Daar is tans planne in plek hier plaaslik om hierdie misdadigers aan die pen te laat ry. Almal het saam gejuig toe ŉ Viëtnamese boef, wat met renosterhoring in sy bagasie op die OR Tambo lughawe betrap is, vroeër vanjaar tien jaar lank tronk toe gestuur is. Ongelukkig het die stropers wat onlangs gevonnis is veel ligter daarvan afgekom. Dit het tyd geword dat ons ons stemme moet dik maak sodat  die owerhede toenemend die optrede versterk en geen een van die boewe ŉ kans gee om los te kom nie. Dit bly diere wat hulleself nie kan verdedig teen gewere, verdoofpyle en kettingsae nie.  Stomme diere, soos my Ouma altyd gesê het. Die gruwelike waarheid wat ons in die oë moet kyk, en waarvoor niemand meer hulle oë durf sluit nie, is dat daar net in hierdie jaar alleen, in Suid-Afrika,  aan die einde van Augustus, meer as 230 renosters onwettig doodgemaak en gruwelik vermink is.  Dis meer as een renoster elke tweede dag.

En terwyl ek my al hoe meer in die lotgevalle van die renosters ingrawe, het die storie van ŉ renosterkoei, my diep geraak. Omdat sy nie ŉ naam het nie, doop ek haar toe onverwyld Tsholofelo. Eerstens het ek die gruwelike foto’s gesien wat vertel het van die onmenslike, barbaarse wyse waarop nie net haar horing nie, maar ŉ deel van haar skedel met ŉ treksaag afgesny is. Tsholofelo is vir dood in die veld agtergelaat, maar wonder bo wonder het hierdie renosterkoei besluit sy sal nie gaan lê nie. Sy sal nie doodgaan nie. Daarom verdien sy inderdaad die naam Tsholofelo, wat die Tswana woord vir hoop is.

Maar wag, ek stel vir Johan Geldenhuys aan die woord. Hy is die bestuurder van die Tugela Private Game Reserve waar die afgryslike verhaal hom afgespeel het.

“Die Tugela Private Game Reserve is geleë tussen Ladismith en Colenso.  Op 25 Junie vanjaar het ons ’n groep kommersiële jagters op die plaas gehad om te jag. Hulle het ons geradio om te hoor of ons enige stappe geneem het om ons renosters te onthoring want daar is ŉ renosterkoei sonder ŉ horing in die veld. Ons het egter nog nie sover gegaan om die inisiatief te neem om dit te doen nie. Toe ons nader aan die dier kom het ons gesien haar hele horing, neusholte saam met ŉ deel van haar skedel, was weg. Sy het asem gehaal deur die gate in haar skedel waar die neusholte moet inpas. Van haar vier weke oue kalfie, was daar geen teken nie. Ons het dadelik begin soek na die kalfie.

Daarna het ons die veearts gekry om die ma te verdoof sodat haar wonde behandel kan word. Binne ŉ paar minute moes ons ŉ belangrike besluit neem.  Moes ons eerder die koei laat uitsit, of moes ons haar nog ŉ kans op lewe gee. Op daardie tydstip het sy reeds die eerste paar dae na die slagting oorleef. Die veearts wat haar behandel het, kon sien dat die wonde tussen vyf en sewe dae oud was. Sy het ook die oordosis verdowingsmiddel wat in haar was, oorleef. Dit was duidelik dat hierdie koei van plan was om aan te gaan, en ons het haar die kans gegee.

Ongelukkig kon ons die kalfie eers die volgende Dinsdag opspoor maar sy was reeds dood. Die kalfie was totaal gedehidreer. Ons het haar sowat twee en ŉ halwe kilo weg van waar die ma geboorte gegee het, opgespoor. Die ma se beserings was van so aard dat sy nie meer kon ruik of met die kalfie kommunikeer nie, en die kleintjie moes van haar af weggedwaal het.

Onder die omstandighede gaan dit goed met die koei. Sy is tussen ander renosters waar sy tans veilig voel. Sy het nie gewig verloor nie, en haar kondisie is goed. Haar kans op oorlewing is veel meer as 50 persent. Ek skat dit so 80 persent.

Die koei is definitief met ŉ verdowingspyl uit ŉ helikopter geskiet. Die taakspan wat die diefstal ondersoek het, het na verskillende moontlikhede gekyk. Daar was die naweek van die 16e, 17e en 18e Junie heelwat helikopter aktiwiteite in die lug bokant die plaas. Ek was nie daardie naweek op die plaas nie, maar van ons bure het die helikopter opgemerk. Oor ons plaas loop daar ’n Sasol  pyplyn en Eskom kragdrade, so tjopper aktiwiteite is normaal, want die helikopters patrolleer die lyne. Gewoonlik neem ŉ mens nie notisie daarvan nie en die horingdiewe het waarskynlik op daardie manier alles haarfyn beplan, sonder dat enigeen daarop ag geslaan het. Daar is geen ander manier hoe hulle op die plaas kon inkom nie. Ons grensdrade word twee maal per dag gepatrolleer, en daar was nêrens waar die drade stukkend was of waar die wilddiewe kon inkom nie. Dit was dus beslis, soos in baie ander gevalle, ŉ aanval uit ŉ helikopter uit.

Wat waarskynlik tot haar redding gelei het, was dat sy die pyl verloor het terwyl sy gehardloop het van waar sy gelê het.  Toe ons haar gekry het, was sy reeds saam met ander renosters en sy het saam met ŉ bul geloop. Gewoonlik gee ŉ renosterkoei geboorte en dan hou sy die kalf alleen totdat hy ongeveer vyf maande oud is. Sy was dus weg van die ander renosters om haar kalfie in afsondering te hou. Dit het haar dus ŉ baie maklike teiken gemaak. Die wildstropers het haar liggaam met doringtakke toegepak sodat sy nie sigbaar kon wees nie. Sy was bloot 350 meter van ŉ pad af. Dit het hulle die kans gegee om weg te kom. Sy het gelukkig op haar borsbeen gaan lê. As sy op haar sy gaan lê het, sou sy dit nie gemaak het nie, want dan sou sy haar doodgebloei het.

Dis nogal vreemd dat hulle haar nie doodgeskiet het nie want gewoonlik is die renosterdiewe se modus operandi om die dier met ŉ pyl te verdoof, af te sak en die horing af te saag, en dan word die dier doodgeskiet. Mens weet nie wat die omstandighede hier was en of hulle gou moes vlug nie.

Ons  het die koei, wat gewys het sy het die motivering en die dryfkrag om te oorleef, nog ŉ kans gegee. Daar is nog oop wonde, maar dit sal later toegroei met vel. ’n Deel van haar skedel is weg, en sy sal seker vir altyd deur die twee gaatjies asemhaal. Waarskynlik sal sy nooit weer ŉ horing groei nie. Heel moontlik gaan sy ook nooit weer kan ruik nie, maar sy is ŉ jong sterk dier. Hierdie was maar haar tweede kalf, en  dalk sal sy vorentoe weer ŉ kalf in die lewe kan bring.

Ons het die pyl wat ons gekry het weggestuur na die laboratorium by die Pretoriase dieretuin sodat daar ŉ chemiese analise gemaak kan word van die tipe verdowingsmiddel wat gebruik is. Daar sal ook gekyk word na DNA en moontlike vingerafdrukke.  Gewoonlik moet daar ŉ ander verdowingsmiddel toegedien word wat die effek van die eerste een neutraliseer. Dit is dus nou nog vir ons onduidelik hoe sy dit reggekry het om op te staan.

Sover ons weet is sy die enigste een wat so ’n verskriklike gruweldaad oorleef het. Dis natuurlik vir ons geweldig jammer dat sy die kalfie verloor het. Dit sou so ŉ goeie verhaal gewees het as sy met haar kalfie verenig kon word.  Tog is ons dankbaar dat sy wel tot dusver gewys het sy wil oorleef. Dit gee ons hoop!”

Al het die storie op ŉ manier ŉ positiewe einde, maak dit nie die gruweldaad minder ernstig nie. Ek kan nie ophou wonder wat in iemand se kop aangaan wat  ŉ elektriese saag teen ŉ pragtige skepping van God druk en met een venynige, monsteragtige daad, haar vir ewig skend nie. En dit alles vir geld! Dink net aan haar pyn en verwarring. Haar angs om haar kalfie te soek, maar nie te kry nie. Die manier hoe sy rondgestrompel het in die veld, deurmekaar, getraumatiseerd en in intense pyn.

My bede is dat God intens oor Tsholofelo sal waak. Mag sy gesond word en nog ŉ hele klomp kalfies in die lewe bring!

‘n Wit Kersfees
Kleintyd het Kersfees bloot een patroon gehad. Vroegoggend, op die oggend van ou-Kersfees is ons na De Kroon toe, daar waar Ouma Thys en Oupa Dois op ’n plasie net buite Brits gewoon het. Met ons aankoms is daar na ’n geskikte boomtak gesoek om as Kersboom te versier. Ouma Thys het elke jaar sakke vol Kersversierings gehad. Sy was die bestuurder van die skoenwinkel op die dorp en wanneer die kersversierings uit die winkelvenster verwyder is, het sy dit gekry en iewers gebêre vir ons om die volgende Kersfees ons ‘boom’ daarmee te versier.

Natuurlik was daar jaarliks die gebruiklike Kerskonsert. My taak as die oudste niggie, was dan om die kleintjies af te rig vir die groot konsert. Ouma se JanHarm pop was elke jaar die baba Jesus. Laatmiddag het ons vyf, ek, Francois en Heleen, en ons niggies Lerita en Irene, die son byna met klippe gegooi sodat dit net kon donker word want wanneer dit donker is, mag die geskenke uitgedeel word.

Kersoggend is daar kerk toe gegaan, terug huis toe en dan is die Kerstafel onder die groot lukwartboom gedek. Ouma se sementtafel onder die boom het behoorlik gekreun van al die kos. wel, dit is nou te sê as ’n sementtafel kan kreun! Varkboud, hoenderpastei, soet patats, te veel om op te noem en natuurlik die poeding propvol een en twee en vyfsentmunte.

So het dit elke jaar verloop. Van jaar tot jaar was die enigste verskil die geskenke wat ons gekry het, en die hoeveelheid buit wat jy uit die Kerspoeding gemaak het.

Tog is daar een Kersfees wat helder bo die ander uitstaan. ’n Wit Kersfees in die middel van Suid-Afrika se warm somer.

Aanvanklik het alles volgens dieselfde patroon verloop. Ons het ou Kersdag op die plaas aangekom, die geskenke afgedra en gou-gou verdwyn voordat daar te veel werk aan ons uitgedeel word.

Reg voor my ouma se huis het ’n reuse palmboom gestaan en ons het daar op die gras onder die palmboom rondgespeel toe ’n blokkie ys my meteens tref. “Haai, wie gooi my met ys?”, wou ek boos weet en toe val die volgende blokkie ys. Maar wag so ’n bietjie, dit was nie ys nie. Die volgende oomblik het ’n dreuning soos ’n trop migrerende blouwildebeeste aangekom. ’n Vernietigende haelstorm was oppad. Almal wat Brits ken sal weet hoe berug die plek is vir haelstorms.

My ma het benoud geskree dat ons in die huis in moet kom. Die motors was buitekant op die gras geparkeer. Ouma Thys en Oom Byl het paniekerig uitgehardloop, erdeskottels oor hulle koppe, en met komberse die motors toegegooi. My oom se Pers Variant stasiewa was immers splinternuut. My pa het gelate staan en kyk na die pandemonium. Daar is min dinge wat sy rustige aard kan versteur, Oukei, ek gee toe, sy kar was ook al ’n hele paar jaar oud.

En toe bars alle hel los. Binnekant het ons platneus teen die ruit met opgehoue asems gekyk na die verwoesting wat in een wit stroom aarde toe geplof het. Binne minute was die grasperk spier spierwit. As ek sê haelwit, klink dit dalk of ek sarkasties is. Nog steeds het die hael in een stroom na onder geval. Glo my of nie, die haelkorrels wat daardie middag op De Kroon neergestort het, was gemiddeld die grootte van ’n krieketbal.

Nodeloos om te sê, die komberse het weinig bedekking vir die motors gebied. Die voorruite was fyn en flenters. Voor die sitplekke op die vloer van die motor het van die groot wit haelballe gelê. Dit was immers nie haelkorrels nie.

Van Ouma Thys se tuin het nie veel oorgebly nie, daar was nêrens ’n boom se tak wat blare aangehad het om ons kersversierings aan te drapeer nie. Tog was ons verdriet maar gering gemeet aan die swart mamma wat iewers in die ooptes was toe die haelstorm losgebars het. Haar tweejarige wat veilig op haar rug vasgemaak was, is juis daar op die plek waar hy die heel veiligste moes wees, doodgeslaan.

My oumagrootjie was die dag daar om die haelstorm gade te slaan. Sy was toe so by die tagtigjaar oud. “In my leeftyd het ek so iets nog nooit so iets gesien nie, ek het gedink die oordeelsdag het aangebreek,” het sy verbouereerd gesê tussen die trane wat gevloei het.

Agterna het ons na buite gegaan en gesoek vir die grootste haelballe om in die vrieskas te sit. Niemand sou ons anders geglo het oor die grootte van die haelkorrels nie! My pa het ywerig foto’s geneem van die vernietiging en van sy wit Variant se verwoeste voorruit.

Vyfendertig jaar later raak ek nog steeds paniekerig wanneer dit begin hael. Angstig hou ek die grootte van die korrels dop. Eers wanneer ek sien dit is kleiner as ’n albaster, kry ek dit reg om te ontspan. Ek het nog nooit weer so iets beleef nie.

Daardie aand was die uitdeel van die geskenke, sonder ’n vrolike Kersboom, taamlik gedemp. Maar dit was nie al wat anders was nie.

Deel van elke jaar se ritueel was ons vertrek na Scottburgh, die aand van die 25ste, vir ons jaarlikse seevakansie. Hierdie keer sou ons eers moes wag tot die dag na Welwillendheidsdag om ons Variant se voorruit te vervang.

Ons was eintlik te klein om te dink aan die skade wat almal gely het. Van baie oeste het daar min oorgebly. Diere is doodgeslaan, dakke het ineengestort. Vir ons was dit bloot ’n opwindende gebeurtenis wat van daardie Kersfees iets besonders gemaak het. Iets anders as elke jaar se patroon.

En nou, baie jare later, noudat ek ook eerstehands met die pyn van verlies en dood kennis gemaak het, dink ek weer aan die swart mamma wat daardie middag paniekerig probeer vlug het. Sou sy, bo die gedreun van die vernietigende haelstorm, die sang van ŉ engelekoor gehoor het?

Die mense wat ek liefhet
Die mense wat ek liefhet

Die liedjie, Die mense wat ek liefhet, draai nou al van Saterdagaand af in my kop. Saterdagaand het ons my ouers se vyftigste huweliksherdenking gevier. Vyftig jaar is lank, soos my broer Francois, as seremoniemeester, gesê het. Daar is nie baie van ons wat dit gaan regkry nie. Al word ek 100 jaar oud, is die kans dat ek nog so ŉ goue huweliksherdenking kan vier, eintlik weglaatbaar klein.

As geskenk vir hierdie okkasie, het sus Heleen ŉ pragtige boek saamgestel waarin ons almal se foto’s en gelukwense, bymekaargesit is. Saterdagmiddag sit ek toe op Heleen se stoep in Irene en ek kyk die album deur. En daar op die bladsye van die boek, is toe nog foto’s van al die oupas en oumas wat nou nie meer een met ons is nie. Dit het my oneindig hartseer gemaak. Natuurlik ook die foto’s van ŉ mens se eie kinders toe hulle nog sulke skattige kleutertjies en peutertjies was, en glad nog nie wêreldwyse tieners wat nie meer wil hê jy moet om hulle kloek nie.

Die aand het regtig seepglad verloop. Francois, as seremoniemeester het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Hy kan gerus ŉ loopbaan as  professionele MC oorweeg 

Ek en Heleen het elkeen ook ŉ beurt gekry om ietsie oor Oupa Cas en ouma Koekoe te sê. Maar so in die middel van die aand het my swaer Dewet ŉ besonderse DVD gewys. Hy is heel bedrewe met die saamstel van tuis DVD’s waarin hy die hoogtepunte van spesiale geleenthede, of mense se lewens saamvat. Hierdie DVD bevat toe grepe uit verskillende tuisfilmpies wat my pa oor die jare gemaak het. Dit begin met ’n amptelike troufilm van my ma en pa en dis nogal snaaks om die twee as bloedjong verliefdes te sien. Die bruilofstoet met die lang slap karre uit die vyftigerjare is luidkeels deur almal wat Saterdagaand saam kom kuier het, toegejuig.  Al die oupas en oumas is toe ook daar op die skerm. Die films volg chronologies soos ons ouer word. Dis kosbaar om te sien hoe ek en Francois en Heleen self nog tjokkertjies is met die wêreld wat wyd en oop voor ons lê. Later opgeskote tieners tot met die laaste film wat van Francois se uitpasseringsparade geneem is. En sowaar, daar is Lieb Bester toe in sy uniform te sien, plus minus 25 jaar jonger as wat dr. Fritz Retief nou is. Ek onthou nog goed hoe opgewonde ek daardie tyd was om Lieb daar in Oudtshoorn te sien waar hy een of andere hoё weermagrang beklee het by 3 SAI. Dit was voor die dae wat hy weer sy terugkeer na die televisieskerm gemaak het. Dan is daar ook tonele van ooms en tantes in die Kaap, my pa se Steenkamp familie en natuurlik die Wolmaranse, my ma se familie. Een van die liedjies wat Dewet as agtergrondmusiek gebruik het, is toe Die mense wat ek liefhet.

Onthou jy nog die woorde? Die mense wat ek liefhet, kom groei op my soos mos, daar laat ek hul na hartelus gedy… En dan ook: Maar as iemand wat op my gegroei het, weg moet gaan, dan sit daar ŉ seerplek, dan sluip ek deur die wêreld, die kwesbaarheid self, ek met my seerplek wat net nie wil genees nie…

Baie van die mense op die film, het natuurlik weggegaan uit my lewe. Die meeste weggevat deur die dood, ander bloot deur die lewe. Almal mense vir wie ek baie lief was, en wat elkeen ŉ merk in my lewe gelaat. Selfs ŉ kêrel of twee. En toe besef ek net van voor af hoe swaar dit soms is om mense te laat gaan, veral die vir wie jy baie lief was. Maar gelukkig is daar nog genoeg mense in my lewe wat ek kan koester, wat nog steeds vir my ’n moslaag is wat my teen die lewe se aanslae beskerm. Ek is voorwaar geseënd!

NS. Die aand het toe wel nie heeltemal so seepglad verloop nie. Laataand, toe ons in my ouerhuis instap, is die hele plek in donkerte gehul. My pa het sy bes probeer om by die skakelbord in die kombuis die hoofskakelaar weer aan te sit, maar dit was tevergeefs. Eers die volgende oggend het hulle ontdek die hele kragboks wat voor in die tuin was, is tot een massa plastiek versmelt. Geen moslaag kon dit beskerm nie en die twee gaan nog vir dae sonder elektrisiteit wees.

Katte is wispelturig
Katte is wispelturige wesens

“Dis ŉ stereotipe dat mans nie van katte hou nie,” sê Steve Hofmeyr anderdag aan my. Ons is besig met ŉ onderhoud vir ŉ artikel wat ek moet skryf. Sy  pragtige swart kat, Kolos, of is dit dalk Colos, loop katvoet, stert in die lug rond. Duidelik baas van die plaas. Hy vertel hoe die kat op hom gelê het in die tyd wat hy herstel het van die kolostomie. Al glo hy wat Steve is glad nie aan enige New Age nonsens nie, sê hy, weet hy dat die kat se teenwoordigheid hom beslis vinniger laat herstel het.

“Ek is bly om te sien jy hou van katte,” het ek effe vroeër aan Steve gesê, en dis toe dat hy sê dit is bloot ‘n stereotipe dat mans nie van katte hou nie. Steve raak toe die volgende verrassende wysheid kwyt: “Mans hou daarvan om in beheer te wees, en katte laat nie toe dat hulle beheer word nie. Dit verklaar waarom baie mans nie van katte hou nie, want hulle weet hulle kan nie die kat beheer nie.” Ek en Steve praat natuurlik van vier been katte. Hoe meer ek aan hierdie stelling van hom dink, hoe meer besef ek dat dit baie waar is.

Maar gelukkig is ek ‘n vrou. My liefde vir katte kom ŉ lang pad en ek het al vele kere daaroor geskryf. Hoe wispelturig ŉ kat kan wees, het ek nou net weer eens hierdie week wat verby is, gesien.

Ozzi, my driebeenkat wat misterieus verdwyn het en van wie ek nooit weer enige taal of tyding gekry het nie, se plaasvervanger is Nina Pretty Ballerina. Petronell noem haar die rebound katjie. Maar glo my, Nina het spoedig diep in my hart gekruip en beslis gehelp om die seer van Ozzi beter te maak.

Nina is een van daardie gewone grys streep katjies, niks spesiaal aan haar nie. Tog het ek nou al geleer die grys streep katjies verloor die minste hare, en daarom is ek dol op hulle. En as ŉ mens lief is vir ŉ troeteldier, maak dit nie saak hoe hy of sy lyk nie.

Nina het ook maar haar eie nukke en grille. Sy lê net vroeg in die oggend op my skoot. As ek hier voor die rekenaar kom sit terwyl die wêreld daar buite begin ontwaak, spring Nina op en dan lê sy tevrede en spin. Wanneer ek uiteindelik opstaan om Amanda skool toe te vat, spring Nina af, en dan moet ek nie eers probeer om haar weer op my skoot te tel nie. Môreoggend sal sy self terugkom.

Maandagaand laat laai vriendin Elsabe vir my en Amanda hier voor my huis af. Toe ek uitklim, hoor ek my kat kerm. Amanda gewaar haar eerste waar sy bo-oor ŉ dakbalk hang. “Nina, wat maak jy daar,” raas ek, maar die katjie roep net meer benoud. Amanda is die huis in om ŉ stoel te gaan haal. Meteens roep sy uit: “Ma, hier is Nina hier binne.”

Die katjie wat daar bo oor die balk hang, lyk op ŉ druppel water soos Nina. Toe ons haar uiteindelik daar af het, merk ek wel die verskille. Sy is so ŉ klein bietjie jonger as Nina, haar strepies is ŉ bietjie donkerder en haar oë en haar ore is beslis groter as die van Nina.

Wel, met sulke groot oë, word sy toe spontaan Betty Davis gedoop na aanleiding van Kim Carnes se treffer van die tagtigerjare: Betty Davis’ Eyes.

Die drie honde is baie opgewonde oor die nuwe katjie, maar na dreigemente en ŉ raps of twee, laat hulle haar vir eers met rus. Nina is ŉ ander storie. Sy haal die vreemdste geluide uit. Ek het glad nie geweet ŉ kat kan so klink nie.

Ek skryf vir vriend Francois Bloemhof van die nuwe kat en Nina se onaardse reaksie, en hy laat weet: “Natuurlik sal die Danskoningin (Dis nou Nina) upset wees, die indringer  het dan boonop haar voorkoms gesteel!!!”

Klein Betty is gou tuis en maak vinnig of die huis aan haar behoort. Haar gunsteling lêplek is in Amanda se kamer op die bed. Ek het Dinsdagoggend ŉ kennisgewing op die kompleks se hek gaan sit van die verlore katjie wat by my opgedaag het, maar niemand eis haar op nie.

“Ek wonder waar kom sy vandaan,” sê ek Saterdag vir Petronell. Ons loer na die klein kat wat daar op die buffet lê en slaap. Sy en Nina het al selfs ŉ keer of wat mekaar minder vyandig aangestaar en dinge is beslis besig om te normaliseer. Selfs die honde kyk nie eers meer op as die klein kat verbydraf nie.

Maar nou ja, katte is wispelturige wesens. Sondagoggend toe ek opstaan, is Betty Davis weg. Spoorloos weg. Ek kan nou nie eintlik na die kat soek nie, want dit is nie my kat nie. Dalk het haar eintlike eienaar haar iewers sien loop en haar teruggevat. Dalk het sy net besluit die hawe waar sy aangedoen het, was ŉ aangename ervaring, maar dit is tyd om weer die pad te vat. Dalk het sy weer haar ware huis gevind.

Natuurlik is ek hartseer oor die klein kat. Sy het in ŉ week se tyd diep in ons harte gekruip. Miskien kom sy terug. Miskien spring sy môreoggend deur die kamervenster wat altyd oopstaan.

Tog weet ek ek moet nie my hart daarop sit nie. Katte is onpeilbaar, en hulle sal nooit aan ons behoort nie. Ons, behoort aan hulle, mits hulle ons kies.

Loop ekstra sag, Betty Davis, jy is baie spesiaal.

Mea Culpa
Mea Culpa

Ek lees gister Rian van Heerden se rubriek in Beeld waarin hy bieg oor ŉ hele paar wilde dinge wat hy in sy lewe aangevang het. Dis nou na aanleiding van onse Joost wat uiteindelik in die spieël gekyk het en besluit het om ook maar die waarheid te vertel. Die volle waarheid en niks anders as die waarheid nie, of so sê hy. Soos gewoonlik geniet ek Rian se droë humorsin geweldig. En net daar en dan besluit ek toe om hierdie blog te gebruik en te bieg oor iets in my verlede.

Elke keer as ek Melville toe ry, en ek sien die Millpark Holiday Inn daar staan, dink ek aan daardie Intervarsity, jare gelede. Danksy naamsveranderings staan nie een van die twee universiteite meer as RAU of PU vir CHO bekend nie, maar die Intervarsity waarvan ek praat, was tussen RAU en die Pukke. As ek moet skat was dit die jaar 1983.

My beste vriendin van daardie jare was Lorraine. Ons twee se kamermaats, Sandra en Hanri, was altwee stil en rustig, ware dames, elk met ŉ vaste kêrel. Ek en Lorraine, of Tommie, soos ek haar genoem het, het nie in daardie kategorie geval nie. By haar het ek nogal geleer om kanse te waag, en bloot net lekker laf te wees. Na al die jare bly ons nou sowaar weer binne ŉ radius van vyf kilometer en dis nogal jammer dat ons besige lewens ons nie toelaat om meer dikwels te kuier nie.

Dis voorwaar pret om universiteit toe te gaan met ŉ ouer broer daar op die kampus. Daardie voorreg het my te beurt geval want my broer Francois, is twee jaar ouer as ek. Net in sy vriendekring alleen was daar ŉ hele paar aantreklike manne, en ŉ mens was altyd veilig om in die groep te kuier.

Soos studente nou maar is, besluit ons op die ingewing van die oomblik om Johannesburg toe te ry vir die Intervarsity. Noudat ek hier sit en terugdink, kan ek nie eers onthou waar die wedstryd gespeel is, en of ek dit ooit gesien het nie. Wat ek wel kan onthou, was die nag in die hotel. En dit is presies daaroor wat ek nou hier wil bieg.

Met die Bloemfonteinse Intervarsity wat ons elke tweede jaar bygewoon het, het ons iewers op die kampus in ŉ koshuis verblyf gekry. Ek kan nie onthou waarom ons dit nie maar ook met die RAU Intervarsity probeer het nie.

My broer en ŉ klomp van sy vriende vertrek toe saam Johannesburg toe. Nie ek of Tommie het ons eie kar gehad nie, maar soos ware Foksterriërs spring ons in, die oomblik as die wiele draai. As jy ŉ student is, is ŉ uur heeltemal te lank om te ry sonder ŉ pitstop. Halfpad tussen Johannesburg en Potchefstroom het die konvooi motors eers stilgehou, vleis gebraai en natuurlik so ŉ glasie of twee gedrink ook. Daardie jare was ek en Tommie getroue Rosé drinkers. Nooit ooit het ons iets sterker as dit gedrink nie.

Toe ons uiteindelik in Johannesburg aankom, het die alkohol ons nog meer bravade gegee as wat gewone studente het. Ek kan glad nie onthou wie se idee dit was nie, maar net daar en dan word daar besluit om vir ons ŉ hotelkamer te huur vir die nag. Katjie was die aangewese persoon om te stuur om die kamer te huur. Hy het nogal ŉ goeie indruk met die eerste oogopslag gemaak. En toe is ons twee vir twee op na die gehuurde kamer. Ek dink daar was in totaal 12 van ons wat die nag die hotelkamer gedeel het. Ek, Talitha, wat later my skoonsus geword het, en Lorraine was die enigste dames in die groep. Ons drie het die dubbelbed se basis gekry. Francois, Hannes, en Cassie het die dubbelbedmatras gedeel, as ek nou reg onthou. Die res het in die gang, en in die badkamer en op die stoel geslaap.

Drie meisie en 9 mans? Mmm, ek is seker dit klink opwindend maar daar het rêrig geen onheilighede plaasgevind nie. Die kick  wat ons daaruit gekry het was om nie uitgevang te word nie!

Soja, daar is dit uit! En nou het ek klaar gebieg. Ek hoop die bestuur van die Hotel sal ons daardie vergryp vergewe. Ons het nie die hotel se handdoeke ingepak, of enigiets beskadig nie. Ons was bloot net te veel vir die kamer.

“Moet tog net nie vir my kind van daardie keer vertel nie,” sug Lorraine een aand toe ek en sy weer oor ŉ glasie wyn sit en terug dink aan daardie aand, 26 jaar gelede. Sy staan nou in ŉ baie gerespekteerde beroep en ons het altwee groen koring op die land. Die foto waar ons almal op die bed sit, lê ook nog hier iewers in ŉ laai.

Ek is seker van die manne wat saam met ons in die hotelkamer geslaap het, moet ook nou vername sakemanne wees, elk met ŉ gesin van hulle eie. Ek wonder of hulle ook aan daardie aand terugdink as hulle verby die groen glasgebou in Aucklandpark ry?